die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
26-06-2022
Duration: 1 hr 0 mins
DIE TYDLYN 186 - Filippense (5) BEMAGTIGTIG TOT DIE LEWE! "Die lewe en oorvloed" lê in vergenoegdheid en kennis van hoe om my "werke" gebede te vervang met die gebed van die Gees.
19-06-2022
Duration: 50 mins
"GOD SE ONVERDEELDE HART" Ervaar God se onvoorwaardelike, onverdeelde en onveranderlike liefde en leef in Sy triomf.
12-06-2022
Duration: 1 hr 0 mins
DIE TYDLYN 185:Filippense (4) DIE VOORWAARDE VIR HERTROU Verhouding met God is Nuwe Testamenties soos hertrou. Die mens was geestelik getroud onder die Wet met sy eie poging en hy moet daarvan skei of daarvoor sterf om wettiglik te kan 'hertrou'. Die vleespoging en roem van die vlees het Paulus waardeloos geag om Christus as wins te verkry.
05-06-2022
Duration: 59 mins
DIE TYDLYN 184: FILIPPENSE (3) DIE KRAG VAN JOU BESLUIT Paulus gebruik die woord gesindheid. Die Grieks is 'phroneo' wat beteken: To apply your mind. Wanneer ons ons eie gedagte opmaak en dienooreenkomstig besluit en optree bekragtig ons die goeie werk wat Hy begin het - dit is om ons eie heil tot werllikheid te laat kom. Daarop 'werk' God in ons - energeo - gee Hy die energie en die begeerte om Sy wil te doen. So word God se goeie werk in ons lewens voleindig!
29-05-2022
Duration: 59 mins
DIE TYDLYN 183: PAULUS AAN DIE FILIPPENSE (2) BELOFTES HET VOORWAARDES FIL 1:6 is waar van God se kant af soos Dawid in Ps 23:6 sê: Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe. Maar dit is afhanklik van die mens se wandel met God. Netso; openbaring kom van 'n intieme wandel met God.
22-05-2022
Duration: 56 mins
DIE TYDLYN 182:PAULUS SE BRIEF AAN DIE FILIPPENSE Paulus se getuienis en lering daag ons uit om te besin oor ons eie lewe en verhouding met waarheid. Om onsself te gee vir waarheid en dit te ondersoek vermeerder ons liefdes ervaring g deur kennis en ervaring!
15-05-2022
Duration: 44 mins
Beleef die onveranderlikheid van God en floreer in elke seisoen!
08-05-2022
Duration: 1 hr 1 min
DIE TYDLYN 181 - Die Huwelik - model van 'n vervulde verhouding. (Efésiërs 6) Paulus sluit sy brief af deur die huwelik as model van verhouding te gebruik. God het die mens geskape met 'n liggaam wat behoeftes het, wat net vervul kan word in 'n liefdesverhouding, 'n verwysing na Sy verhouding met die mens.
01-05-2022
Duration: 1 hr 5 mins
DIE TYDLYN 180 - WAARDIGE WANDEL Om waardig te wandel is nie 'n lys van moet en nie moet doen nie. Dit word dikteer uit verhouding en is 'n vrug van verhouding. My wandel is soos saad wat 'n opbrengs in my lewe gaan hê.
24-04-2022
Duration: 1 hr 8 mins
DIE TYDLYN 179: - (EFÉSIËRS 5) DIE VOLWASSE MAN. Vir die gemeente om te funksioneer het elke individu nodig om te groei tot die volwasse man (geestelik). Die sogenaamde 5 voud bediening is 'n totdat bediening. Totdat ons almal kom tot die volwasse man... Dit is vir elkeen om sy volle potensiaal te bereik.