19-01-2025
AAN SULKES BEHOORT DIE KONINKRYK (Mark10:14)
Hoe word ons soos een van die kindertjies? - Om absoluut onskuldig voor God te wees, sonder in agneming van wat ek gedoen het - goed of kwaad.
12-01-2025
LIG EN DUISTERNIS - 2 SOORTE VERHOUDINGS - WAAR BEVIND JY JOUSELF?
Hierdie lewe is 'n tussenspel in die Ewigheid. Hier gee God (LIEFDE) ons 'n keuse wat ons uiteindelike ewigheidsbestemming gaan bepaal. Dit is die keuse tussen lig en duisternis! Oppas: Die Satan kom soos die Engel van die lig. Ons het geopende oë nodig om te onderskei!
05-01-2025
WANNEER IS DIT MY BEURT?
Dood en die verlies daarin is deel van ons lewenservaring. Wanneer ons 'n geliefde aan die dood afstaan, het ons 3 vrae om te antwoord:
1. Waar is hy/sy nou?
2. Hoe/hoekom het dit gebeur?
3. Wat kan/kon ons doen om dit te verhoed... en uiteindelik, wanneer dit kom, hoe bestuur ons dit?
29-12-2024
2024 IN OËNSKOU
Ons lewens word grootliks beïnvloed / bepaal deur sleutelwaarhede soos die ware betekenis van Sy opstanding, God se liefdeskarakter waaruit ons wandel met Hom vloei.
22-12-2024
OM GOD TE KEN
Soos met Job het ons almal nodig om aan die einde te kom van ons eie prestasies. In die proses verander sintuiglike kennis in openbaring.
15-12-2024
OORWINNING - DIE ATLEET
Die Geestelike wedloper: Paulus se beelde van 'n atleet en 'n soldaat beskryf die insette nodig vir 'n oorwinningslewe.
08-12-2024
TOEKOMS OM OOR OPGEWONDE TE WEES.
Ons kan leef met die absolute verwagting om God vandag nog in Sy volle heerlikheid te ontmoet, ervaar en aanskou.
01-12-2024
DIE TYDLYN 277= BRUID
DIE VERLOWING/ HUWELIK IN GEREGTIGHEID.
Ons eerste huwelik is met ons hemelse Bruidegom. Dieselfde struktuur as die aardse. Verlaat, aankleef en een Gees! Die huwelik hou voordele en genietinge in, maar ook verantwoordelikhede en verpligtinge.
24-11-2024
DIE TYDLYN 276: DIE OPENBARING VAN JESUS CHRISTUS - EK EN JY DIE BRUID.
Ek/jy is bruid. Geregtigheid ontvang en daarin geleef bring heerlikheid - die beloning van Sy ewige heerlike teenwoordigheid!
Dit is eksponensieël groter as alle aardse beloftes.
17-11-2024
LEEF IN OORWINNING 4 - VREDE, VREUGDE EN OORWINNING IN JESUS.
Ervaar die vrede, vreugde en krag daarvan om in Christus te bid en te leef.