28-08-2016
Die mens is ontwerp om met God in pas te wandel. God het die mensdom reg verklaar. Naby jou is die Woord in jou hart en in jou mond. Hy waarborg ons Sy nabyheid. Ver bo wat ons kan bid of dink, kry eers gestalte as ons toetree tot die wandel. Ons moet dus opstaan en uit die gemaksone beweeg.
Beweeg - wandel voor Sy aangesig - Lig dan verdwyn ons eie glans en verkry ons Sy glans - dan is ons in pas - dan kan die wêreld die werk van geloof sien. Dan kom Liefde in aksie - "effortless". Ons fokus is dus nie op ons dade of optrede nie maar om in Sy teenwoordigheid te bly . 'n Gebrek aan teenwoordigheid lei na gebrekkige wandel wat ons ligdraers sonder olie in ons lampe maak.
21-08-2016
God se hart is dat die mens in pas met Hom sal wandel. Daarom het Hy alle afstand oorbrug, uit gekanselleer. Hy het ons liggame gereinig, geheilig sonder vlek of rimpel gewas sodat ons reg is vir Sy Woord. Deur Sy Gees is Sy Woord nou in my hart en in my mond. Hy nooi die mens nou uit om in pas te kom. Om in pas te wees beteken om 'n spieëlbeeld te wees. Jy kan die twee nie van mekaar onderskei nie. Die uitdaging vir ons is, om onsself ons denke ons siel te heilig, af te sonder vir Sy Gees sodat my hart en God se Gees in harmonie kan wees, dan is ons in pas met Hom.
14-08-2016
God het Sy gedagtes verklank, dit Woord gemaak wat vlees geword het! Netso word al God se beloftes in ons werklikheid: Geloof kom deur die gehoor - soos wat klank Kind geword het in Maria - so moet klank fisiese realiteit word in ons lewens om die beloftes te realiseer.
10-08-2016
Petrus se aanbeveling hoe om immuniteit te ontwikkel teen aanvalle wat die vyand loots! Vul jou denke met God en Sy Woord!
31-07-2016
Die aanslag teen die mens is so vel dat die enigste ware beskerming van binne moet kom. Dit is om teen 'n siekte ingeënt te wees en teenliggaam-pies in jou bloedstroom te hê. Ons geestelike immuunsisteem word geaktiveer deur die geopenbaarde Woord. Dit aktiveer die Naam wat bo alle name is in ons lewens. Liefde is die draer van al God se beloftes. Daarom sê Paulus: Die doel van die instruksie is liefde - uit 'n rein hart, 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof. 1Tim 1:5
24-07-2016
God "glo" in ons en het respek vir wat "HY" geskep het - die mens se volmaakte stand! Ons "GLO" GOD en aanvaar en bevestig ons STAND in CHRISTUS! Om verantwoordelikheid te vat vir ons wandel is om "RESPEK" te hê vir die vryheid waarin ons nou staan! Die effek hiervan is gesag, heerskappy en outoriteit deur liefde en intimiteit!!!
17-07-2016
Noudat ons 'n verbond met God het sovêr dit ons wandel aangaan, kan gesag gevestig word deur ons wandel. Die grondslag daarvan lê in vergifnis. Vergifnis word voltooi in seën! Ons skep ons eie omstandighede deur seën of vervloeking. Kies dan om te seën. - 1 Pet 3:9
10-07-2016
Ons is erfgename van die oorwinningslewe - maar leef ons dit?
Baie gelowiges het 'n verbond met die dood (vormloosheid, 'n substandaard lewe) i.p.v 'n verbond met God rakende my verhouding en wandel met Hom.
03-07-2016
Jesus het met die Vader 'n verbond gemaak oor ons, Sy bruid. Die resultaat was dat ons geregverdig is voor God - eens en vir altyd. Wat ons volmaakte stand voor God betref - dis afgehandel en onveranderlik! Wat ons wandel met God betref is dit 'n ander saak - hier het ons 'n keuse - dit is hier waar God met ons in 'n verbond wil tree. Sy kant van die ooreenkoms is gewaarborg - Hy het by Homself gesweer - om wakker te wees oor Sy Woord (beloftes). Net soos destyds met Abraham het ons egter nodig om Sy verbond te hou - ons kant van die ooreenkoms na te kom om die beloftes in besit te kan neem!
26-06-2016
God se tugtiging (onderwysing) verander nie ons stand voor God nie. Dit is eenmalig vasgelê deur die offer van Jesus. Tugtiging gebruik ons stand om ons wandel daarmee op te lyn. Dit is in die wandel dat gesag finaal bevestig word. Om tugteloos (sonder die konstante inspraak van die Woord) te wees sou my kon stroop van gesag omdat my wandel en stand nie ooreen kom nie.