die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
Filter media by:
24-08-2025
Passage: Psalm
Duration: 56 mins
DIT IS DIE DAG WAT DIE HERE GEMAAK HET. Die bepalende faktor van vandag is nie jou dagboek of omstandighede nie, maar jou God. Die Almagtige Skepper van hemel en aarde wat jou in Sy kragtige Skeppershand hou en koester.
17-08-2025
Passage: Ephesians & 2 Timothy
Duration: 1 hr 13 mins
Efe 5:16 , 2 Tim. 4:7 , 2 Pet 1:19 “Om DIE GELOOF TE BEHOU…. “ ongeag omstandighede - gunstig of ongunstig , is elke kind van God se keuse , fokus , verantwoordelikheid en strewe. Paulus en Petrus het vanuit hulle lewens vir ons op geskryf wat hulle eersterangs ervaar , beleef en geleef het. Vir elkeen wat “GELOOF” ontdek het vanuit GOD se waarheids perspektief , besef ons dat LEWE & TYD = ‘n voorreg en geleentheid met ewigheids waarde - “om HOM te ken “ ( Joh 17:3 ) Wat ons dan egter het om die GELOOF TE BEHOU , is diè PROFETIESE WOORD wat baie vas is …………..dit is meer as om na ‘n preek te luister , dit is om die intimiteit met GOD se WOORD & GEES te beleef en om daarop ag te gee , konstant en totdat …………… Enigeiets met waarde is tog waardevol ! Dws…………om iets met waarde te besit , gaan ons iets kos , moeite ….dissipline , volharding , lydsaamheid …….alles positief ………..en die resultaat = die moeite werd ❗️ Daarom kan ons met Paulus en Petrus vandag saamstem , ongeag wat ook al …………daar is niks wat ons ooit sal kan skei van die liefde van God wat daar in Jesus Christus is nie .
10-08-2025
Duration: 55 mins
DIE GOD WAT ONS AANBID. Is jou verhouding met God, jou ervaring van God en die lewe, 'n reaksie op WIE Hy is óf op dit WAT jy sien en wat gebeur? Ontdek opnuut wie jou God is en wat Hy vir jou sê.
03-08-2025
Duration: 1 hr 2 mins
SION-DIE STAD VAN ONS GEESTELIKE SAMEKOMS. Die Bybel is grootliks 'n simboliek van 'n Bruidegom (Jesus) wat Sy bruid (die mens) die hof maak, op soek na 'n liefdesverhouding. Uiteindelik is Sion die beeld van die oorwinnende Christus en die oorwinnende gemeente (bruid). (Jan Brand)
01-08-2025
Duration: 47 mins
GEDENKDIENS-MARTIE SAUNDERS 21 MEI 1947 - 14 JULIE 2025
27-07-2025
Duration: 55 mins
DIE VERBINTENIS MET GOD SE NOU (JAN BRAND) Ons skeppingsdoel is om die lewe te leef wat Hy vir ons voorberei het - daarin ontdek ons die vleeslewe vanuit die geeslewe. Efes 2:10
20-07-2025
Duration: 44 mins
ONS VERBINTENIS MET DIE EWIGHEID. Die lewe daag ons uit met baie vrae. Waarom sien ons geloofswonders in sommige gevalle maar nie in alle gevalle nie? Ons het 'n aanspraak op God se beloftes en Woord in die vlees (sigbare) wêreld waarin beskerming, genesing en voorsiening belangrik is), maar ons het ook 'n aanspraak op die Ewigheid deur ons verhouding met die Ewige in die onsigbare/ toekomstige wêreld. Om te sterf is 'n groter mylpaal as om te oorleef deur 'n wonder! ons oorlewingdrang gaan ons laat soek na dié wonder maar wanneer dié wonder (bv. van genesing) ons ontwyk word ons deel van die groter wonder van die ewigheid met Hom!
13-07-2025
Duration: 58 mins
DIE MOSES GENERASIE - BESNYDENIS VAN DIE HART By Sinai moes Israel die verbondsteken (vorm) vir verhouding verruil. Hulle het gekies om by vorm te bly. Godsdiens (vorm) moet in ons geval ook verruil word vir verhouding.
06-07-2025
Duration: 1 hr 5 mins
REKENSKAP 12- DIE MOSES PAD. Hoe vêr gaan ons verhouding met God? Is ek tevrede om 'volk' te wees of sal ek toelaat dat God met my 'n Moses pad loop. (JAN BRAND)
29-06-2025
Duration: 44 mins
REKENSKAP 11:GEBED (3) - GOD SE GESPREK MET MY (JAN BRAND) 'n Liefdesverhouding het twee partye. Gebed is meer luister as praat. Ons mag nodig hê om terug te keer na ons eerste liefde. God verwyt nie - Ons kan verwag om oorweldig te word deur die heerlikheid van Sy teenwoordigheid.