die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
'n Geskenk is iets wat ek en jy ontvang sonder dat ons presteer het en wanneer ons dit gevat het hoef ons nooit iets te doen om dit te verdien nie. 'A GIFT IS NOT A REWARD'. Jesus Christus is die grootste genadegawe die mees omvattenste geskenk wat elke mens gekry het, Geen geskenk in materie kan opweeg teenoor die LEWE VAN JESUS CHRISTUS wat ons uit genade gekry het nie. Die tragedie is dat so min die geskenk in ontvangs neem, "dit vat", so min het dit oopgemaak en begin met die groot avontuur om dit te ontdek. Hou op om by ander van die oorvloedslewe te hoor en ontdek dit self. In die intieme verhouding met God openbaar Hy aan ons die lewe.1Kor2:12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. God openbaar die lewe slegs aan die wat dit soek. Hierdie lewe van oorvloed en vervulling het ons gekry sonder dat ons "perform" het, noudat ons dit ontvang / gevat het hoef ons nie daarvoor te werk as teen prestasie nie. Spandeer tyd om dit te ondek en geniet dit net!
Duration:47 mins