die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
19-05-2024
Duration: 1 hr 3 mins
DIE PLEK WAAR JY OP STAAN...... Kennis van “die waarheid” en selfs ‘n mate van “geloof” is soms vir die mens ‘n redelike gemaklike omskrywing van VERHOUDING MET DIE LEWENDE GOD VAN LIEFDE . Die persoonlike konfrontasie vir elke indiwidu : is dit vervullend …of …..dalk bloot behoefte bevrediging ? Diè konfrontasie is DIE PLEK WAAR OP JY STAAN. Ons as kinders van God staan daagliks voor die konstante uitnodinging van ONTBLOTING M.a.w. om van bevrediging na vervulling oor te gaan = intimiteit ! Ware Intimiteit gaan afhang van die mate waarin ek bereid is om myself te ontbloot . Ek kan , want HY HET ❗️❤️
12-05-2024
Duration: 1 hr 6 mins
DIE TYDLYN 256: WIE IS DIE GELOWIGES? Ons volg die pad van die geloof tot waar ons , ons vandag bevind. Ware geloof moet lei tot intieme verhouding waaruit my optrede(werke/vrugte) vloei. Werke/ optrede van ongehoorsaamheid aan die geopenbaarde Woord vloei uit gebrekkige verhouding. In voorbereiding van die gemeente vir die eindoordeel waarsku die Gees die gemeente van Sardis dat hulle werke/ vrugte nie volkome voor God gevind is nie.
05-05-2024
Duration: 1 hr 7 mins
GEE MY DIE BERG Dink nuut oor die berge in jou lewe, ontdek berge van beloftes, seën en gesag en maak dit joune!
28-04-2024
Duration: 1 hr 1 min
GOD SE WOORDE EN UITNODIGING AAN ADAM EN JOU EN MY. Jy is geskep na God se beeld en gelykenis en geregverdig deur die voltooide werk van Jesus. In wese is jy goed, rein, beeldskoon en toegerus met meer as wat jy kan dink of vra. Jy is genoeg. Laat jou vrug getuig van jou wese.
21-04-2024
Duration: 1 hr 6 mins
DIE TYDLYN 255: WAT MOET EK DOEN OM DIE EWIGE LEWE TE BEËRWE? 'n Onverdeelde hart kan oortuig word. Oortuiging lei tot vrymoedigheid en begeerte vir verhouding met my hemelse Bruidegom. Om in 'n innige liefdesverhouding met Hom te wandel is ewige lewe.
14-04-2024
Duration: 1 hr 1 min
DIE TYDLYN 254: DIE EKKLESIA VAN GOD. Die gemeente word NT die voortsetting van God se volk. Dit sluit Jode in die eerste plek in. Maar dis meer as lidmaatskap: gemeente is die wat in lewende verhouding met God leef
07-04-2024
Duration: 1 hr 6 mins
DIE TYDLYN 253: DIE ISRAEL VAN GOD. Die 2 pole van beskouing is : 1. Die gemeente (Kerk) het Israel as God se volk vervang - God is klaar met Israel. 2. Die gemeente en Israel is apart en God gaan met Israel afsonderlik deel . Die werklikheid is een offer; die van Jesus, was tegelyk vir almal - eerste vir die Jood en ook vir die Griek. (Rom 1:16) Die gemeente (gelowiges) is dus die voortsetting van OT Israel as volk van God. Die oproep is tot 'n lewe verder en hoër as net die vleeslike seëning waarin ons leef.
31-03-2024
Duration: 1 hr 2 mins
DIE TYDLYN 252 - LYDING-VERDRUKKING-OORWINNING Kinders van die Here is nie gevrywaar van verdrukking en vervolging nie. Die ekstase van intimiteit en een-wees met Hom versag die vervolging en verdrukking waardeur elke kind van die Here gaan tot die mate dat ons dit vreugde kan ag. Jak 1:2
24-03-2024
Duration: 1 hr 2 mins
DIE TYDLYN 251 - JOU EERSTE LIEFDE Die vervulling van die eindtyd speel hom af oor die geskiedenis. Vir nou is die kinders van die Here se teenmiddel teen alle aanslae teen ons om waarlik bruid te wees - om terug te keer na ons eerste liefde en daarin te bly!!
17-03-2024
DIE TYDLYN 250 - TUSSEN-DIE EERSTE EN DIE TWEEDE KOMS VAN JESUS Sy eerste koms was vir verlossing - die uitnodiging staan steeds. Die tweede koms sal wees om te oordeel - positief of negatief om finaal met sonde en goddeloosheid te deel. Intussen is ons visie om bruid van Christus te wees.