die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
24-01-2016
Series: Visie
Ons praat steeds oor visie. Wat sien ons in die toekoms? As gemeente en individue het ons nodig om te sien soos en wat God sien. God sien nie aan wat voor oë is nie, Hy sien die hart aan. Sy oë deurloop die aarde om diegene kragtig te steun wie se harte onverdeeld op Hom gerig is (2 Kron 16:9) God weet dat Sy doel bereik kan word in elke mens wat sy/haar hart onverdeeld op God rig. God kan so iemand se visie lig om Sy visie te akkomodeer.
17-01-2016
Series: Visie
Ons gaan voort om die visie van gemeente te definieer (Hab 2:14). Die instrument wat God gebruik om Sy doel te bereik is die gemeente - Efes 3:10. In die gemeente ontwikkel Hy die volwasse man, getuies, leiers, gesante (predikers) en so word gemeente God se stem op aarde. God het ons bemagtig tot ver bo wat ons kan bid of dink - ons het slegs nodig om te sien soos Hy sien!
10-01-2016
Passage: Habakkuk 2:14
Series: Visie
Die visie van gemeente wees moet uiteraard ooreenstem met dit wat God sien vir die gemeente. Hab 2:14 "Die aarde sal vol wees van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek." Heerlikheid verwys na God se oorspronklike bedoeling. Die eerste "aarde" is elke individu se denke en persoonlike lewe, daarna die gemeente se denkwyse as geheel en vandaar na die mense rondom ons en verder! God se bedoeling is dat almal sal kom tot die volwasse man, besig met hul dienswerk en dat die gemeentelede waarlik gestuuurdes sal wees met die getuienis van ons lewens. Dit sal van almal van ons dissipelmakers maak!
03-01-2016
Passage: Habakkuk 2:14
Series: Visie
Die visie van gemeente is om saam met God te sien dat die aarde vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek.(Hab 2:14) Dit begin by my. My denke is die "aarde" wat vol word met God se heerlikheid (Sy oorspronklike plan met die mens.) Die eerste "aarde" is my denke, dan my huis, my besigheid, en die gemeente. Hierdie oortuiging kom vanaf die oortuiging van vergifnis. Vergifnis gee vir ons onskuild. Saam met onskuld kom vrymoedigheid, gevolg deur die bevestiging van verhouding. Verhouidng (huwelik met Hemelse Bruidegom) bring my by intimiteit (liefdespel) waarin saadoordrag en bevrugting plaasvind. Bevrugting lei tot swangerskap en uiteindelik geboorte. Die liefdespel hoef nie tydens die swangerskap op te hou nie, geniet die liefdespel met God - dit bring wysheid, lankmoedigheid en vervulling selfs voordat die beloftes manifesteer. Dit bring uiteindelik die vervulling van die beloftes.
27-12-2015
Duration: 1 hr 6 mins
Heb 10:36 .."Nadat ons die wil van God gedoen het, het ons lydsaamheid nodig om die beloftes te verkry (gemanifesteerd te sien in my lewe) Die wil van God is om die Een te glo wat God gestuur het. (Joh 6:36) Wat glo ons? Die absoluutheid van ons vergifnis. Die oortuiging (om te glo) van die grootsheid en tydloosheid van God se vergifnis verdwerg elke siekte, gebrek, tekort en aanslag wat ons hier kan ondervind. Moenie nog goed soek om te doen nie. Glo en geniet die liefdespel met God terwyl die uurglas op die probleme uitloop en net vergifnis; wat genesing en alle ander seeninge ontsluit, in ons lewens oorbly.