die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
07-01-2018
Duration: 1 hr 2 mins
Geregtigheid is die deur tot verhouding - die parousia (aangesig tot aangesig verhouding) is die oes van die dag! Maak 2018 die jaar van oes!
31-12-2017
Duration: 59 mins
God se Woord is saad! Soveel saad is gesaai in 2017. Uiteindelik is die oes afhanklik van die persentasie van saad wat goeie grond vind waarin dit ontkiem, wortel skiet en groei.
24-12-2017
Duration: 52 mins
www.dvdvideosoft.com
17-12-2017
Duration: 53 mins
Ware vrugte of goeie vrugte van die verkeerde boom
10-12-2017
Duration: 29 mins
Vrugte van die Godsboom - 'n lewe van oorwinning as loot van die Ware Wynstok.
03-12-2017
Series: Gesag
Duration: 55 mins
Ons is van meer verlos as sonde, ons is van sondaarskap verlos!
26-11-2017
Duration: 1 hr 5 mins
My denke moet eers met Woord gevul word voordat Woord vlees kan word.
19-11-2017
Duration: 56 mins
Jesus se instelling van die "nagmaal": - Was dit iets wat ons soms - 4 of 12 keer per jaar doen, of het Hy bedoel dat elke maaltyd 'n herinnering moet wees van Sy liggaam en bloed wat Hy vir ons gegee het? As ons dit verstaan, besef ons daagliks dat ons liggame tempels is! Dit sal ons sensitief maak vir wat, en hoeveel daarvan ek inneem. Netso met die Woord!
12-11-2017
Duration: 48 mins
Liefdesbriewe tussen twee verliefdes waar verliefdheid die dryfveer is. Ons gedagtes is gevul met ons maat, ons bedink mekaar die heeldag, ons droom oor en van mekaar. Wanneer ons praat ontbloot ons onsself sonder inhibisies. Ons bou ons maat en bevestig sy/haar waarde. Die taal wat ons praat is 'n ander taal in ander Afrikaans - liefdestaal. Die vrug van die taal is vreugde en vrede. Hoekom droog die liefdestaal op met die jare? Ons laat toe dat ander gedagtes inskuif ...gedagtes van werk, geld, worries, politiek. Dit verander ons taal van liefdestaal na prestasietaal, minderwaardigheid is die dryfveer agter prestasietaal. God skep die mens en Hy dupliseer Sy gedagtes, Sy liefdestaal, Sy liefdesbrief binne in die mens. Hy blaas Sy Gees in die mens sodat die mens die liefdestaal /brief kan verstaan. In Adam verloor die mens sy vermoë om God se liefdestaal te verstaan. Adam kon nie meer "relate" met die woorde wat in die brief was nie. Dit was asof die brief vir iemand anders bedoel was. Jesus kom - God se liefdesbrief word vlees. Hy demonstreer wat nog altyd in ons geskryf was. Hy herstel die verhouding want liefdesbriewe is slegs relevant in 'n liefdesverhouding. God se Gees kom woon weer in en ontsyfer vir ons die brief wat nog heeltyd binne ons was. Die brief is in ons hart en in ons verstand geskrywe. God se Gees is in ons hart. Tyd, verhouding en maaltyd saam met Vader ontsyfer die brief in my verstand sodat ek verstaan. Pasop vir die wet, want dit aktiveer minderwaardigheid... prestasietaal wat liefdestaal kanselleer. Die skepping wag met reikhalsende verlange op die liefdesbrief. Rom 8:19. Liefdesbriewe is persoonlik, soos wat verhouding vorder, so ontwikkel die liefdespel en die vlak van kommunikasie. Gee tyd, ruimte en besit aan God se Gees sodat die brief in jou verstand geskrywe word, dit is reeds in jou hart
05-11-2017
Series: Geesmens
Duration: 1 hr 14 mins
Die Evangelie is net 'n mooi storie as dit nie geloof opwek of in geloof ontvang word nie. Die gemeente is die Nuwe Testamentiese Israel: Húlle lyke het in die woestyn agter gebly weens ongeloof - in so baie gevalle is dit ook so met vandag se kinders van die Here. God se rus is nie die hemel eendag nie maar die ontdekking en leef van God se heerlikheid ( dit is ons nuwe ID en herstelde posisie van gesag!) Vir geloof het God ons Sy Woord gegee. Rom 10:17 en Heb 4:12