die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
02-07-2017
Passage: Genesis 2:15
Duration: 1 hr 3 mins
Dit is vir die mens, na (Sy Beeld en gelykenis) geskape wat God die aarde gee om dit te bewerk en te bewaak. Adam het sy gesag aan die vyand uitverkoop en het die bewerk en bewaak funksie grootliks skipbreuk gely. Nou egter nadat Jesus uit die dood opgestaan het nadat ons herstel is, hoor ons weer God se oproep: "Bewerk en Bewaak!"
25-06-2017
Duration: 50 mins
Om volgens ons ware bloudruk te leef het ons nodig om "Sy vlees te eet en Sy bloed te drink” (Joh 6:56) - toe te laat dat die Woord, net soos wat kos wat ons inneem in ons bloedstroom beland, letterlik in ons werk volgens Sy vermoë.
18-06-2017
Passage: John 10:10
Duration: 1 hr 3 mins
So dikwels sien ons die aanslae in ons daaglikse sekulêre lewe as die dief wat kom steel! As die dief egter eers toegang tot die huis gekry het byvoorbeeld die venster oopgebreek en ingeklim het, het hy toegang verkry tot elke kamer in die huis om te steel soos en wat hy wil! Die plek waar die dief in ons "huis" toegang kry is deur ons nuwe identiteit in Christus te steel - daarna is die res vir hom maklik! Jesus het egter gekom sodat ons lewe en oorvloed kan hê! Dit is om jou identiteit te ontdek en dit te lewe!!!
11-06-2017
Duration: 58 mins
Om die Evangelie te verkondig sonder verhouding met die Heilige Gees is nie volhoubaar nie. Is jou verhouding met Hom so 'n werklikheid dat dit op eie bene kan staan? Net God se Gees kan my oortuig van my ware ontwerp. Dié mens wat sy ontwerp lewe, het vrygekom van die lewe van voorgee - om te probeer om iemand te wees wat verskil met die persoon wat ek glo dat ek is.
04-06-2017
Duration: 42 mins
Psa 57:8 My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing!
28-05-2017
Duration: 59 mins
Jesus sê alle dinge is moontlik vir die wat kan glo. Om te glo is om oortuig te wees. Geloof kom deur die gehoor en die gehoor deur die Woord. Gebrekkige oortuiging - die rede waarom beloftes onvervuld bly - wys na gebrekkige blootstelling aan Woord - intimiteit. Ons verruil maklik die son van geregtigheid vir die "son" van materiële voorspoed.
21-05-2017
Duration: 51 mins
Om jou ware identiteit in Christus te leef is die lewe in oorvloed wat Jesus beloof het! Soos wat ons uit oortuiging leef wys God ons die groter prentjie - betrek Hy ons by Sy gedagtes wat hoër is as ons s'n.
14-05-2017
Duration: 1 hr 11 mins
Ons gesag word/is gevestig in die Geeswêreld. Gesag vloei deur liefde wat beslag kry in waardigheid. Jesus se gesag oor duisternis was volmaak in Sy opstanding – toe die wêreld deur Sy offer geregverdig is. Daarna kon Hy sê: aan my is gegee alle mag....(Mat 28:18) Die aarde komponent van daardie gesag dra Hy aan die mens (die gelowiges) oor. Ons gesag oor die vyand is absoluut (In My Naam sal julle die duiwels uitdrywe) Ons het egter nie gesag oor mense nie. Om mense na die vlees te sien, dus te beskuldig en vergelding te soek nadat God vergewe het, sou teenproduktief wees! Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie – maar....(Efes 6:12).
07-05-2017
Duration: 42 mins
Kom in beweging en begin jouself sien soos God jou sien. Jy is 'n dapper held, want in God is jy tot alles in staat!
30-04-2017
Duration: 1 hr 3 mins
Bekering = metanoia=om soos (saam met) God te dink. In skrille kontras daarmee staan 'repent' (Engels) vanaf die foutiewe vertaling van metanoia (Grieks) na 'pennance' (Latyn) deur die Katolieke ongeveer 300 - 400 NC. Die ware bekering - om een te word met God se gedagtes oor die mens. Die mens is vergewe, regverdig, waardig en nie meer in 'n geveg teen sonde nie, want hy bedink wat God bedink. My lewe is 'n uitvloeisel van wie ek is! Die valse bekering - (repentance) - is om sondaar te bly, nog vergifnis te soek asof God nog moet vergewe. Die lewe is 'n ewige stryd met sonde a.g.v my sondebewustheid. Selfs my goeie dade is werke - al lyk dit soos vrugte.