die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
02-11-2025
Duration: 58 mins
VERHOUDING DEUR GEREGTIGHEID (3) - DIE WÊRELD (GOD;SELF;WÊRELD) Jy kan die verhaal van jou lewe heeltemal verander deur met God saam te stem oor wie jy in Christus is, en om in jou nuwe identiteit te leef.
26-10-2025
Duration: 52 mins
VERHOUDING DEUR GEREGTIGHEID (2) (GOD;SELF;WÊRELD) SELF Die beeld in jou spieël is nie die somtotaal van jou verlede en persepsies nie, maar van God se Waarheid oor jou. Kyk mooi, sien soos Hy sien en omhels die Waarheid as jou identiteit.
05-10-2025
Duration: 1 hr 7 mins
DIE VOLLE SOM VAN GOD SE GEREGTIGHEID. Die krag van die Evangelie (Goeie Nuus) lê in die openbaring van die geregtigheid van God. Soos die volle som van God se gedagtes is daar die volle som van wat geregtigheid vir ons inhou soos dat Jesus verteenwoordig / is ons geregtigheid. Om Hom te glo en te ontvang is om geregtigheid te glo en te ontvang. Dit openbaar die afgehandelde vergifnis - vir my en vir my medemens, dit verander ons gebedslewe. Kortom: dit lei ons na die volwasse man!
28-09-2025
Passage: Psalm
Duration: 58 mins
DIE VOLLE SOM VAN GOD SE GEDAGTES (Ps 139:17) Soos 'n tennisspeler soveel ure per dag spandeer aan repitisie om voetwerk, houe en plasing te vervolmaak, so het ons die geleentheid om ons in te skerp in Sy Woord tot die volle som van Sy gedagtes. Dit wat ontbreek uit die volle som in ons lewens beroof ons van daardie fassette van die oorvloedslewe.
21-09-2025
Passage: Isaiah 30:21
Duration: 51 mins
GEHOORSAAMHEID AAN DIE STEM (Jes 30:21) Jesus het vir ons die nuwe en lewende weg geopen om by herhaling en bewustelik in te gaan om een met Hom te wees. So trek Hy ons steeds nader, openbaar Hy meer van Homself soos ek gewillig is om ag te gee, gehoorsaam te wees aan Sy inspraak wat my lei en aanspoor dag na dag.
14-09-2025
Duration: 1 hr 6 mins
DIE NUWE EN LEWENDE WEG! Die oorwinningslewe vloei vanuit die troonkamer (die intieme teenwoordigheid met die Gees van God). Die verlore mens het deur Jesus se offer 'n nuwe toegang tot die teenwoordigheid - Sy vlees wat een finale en permanente offer is teenoor die herhaling van die offers van diere onder die Ou Verbond. Maar ons het nodig om weer en weer bewustelik Sy teenwoordigheid op te soek. Daarsonder begin die afval wat uiteindelik lei tot die onreg en chaos wat ons in die wêreld van vandag sien.
07-09-2025
Duration: 55 mins
RAGAB -'N DUBBELE DEEL Jou jubeljaar het reeds aangebreek - soos Ragab kan jy op Waarheid reageer en jou dubbele deel in besit neem.
31-08-2025
Passage: John
Duration: 51 mins
DIE GOD WAT ONS AANBID-OM HOM TE KEN (JOHAN PIENAAR) 'n Eerstehandse, persoonlike verhouding waarin jy Hom tasbaar kan ervaar is jou deel.
24-08-2025
Passage: Psalm
Duration: 56 mins
DIT IS DIE DAG WAT DIE HERE GEMAAK HET. Die bepalende faktor van vandag is nie jou dagboek of omstandighede nie, maar jou God. Die Almagtige Skepper van hemel en aarde wat jou in Sy kragtige Skeppershand hou en koester.
17-08-2025
Passage: Ephesians & 2 Timothy
Duration: 1 hr 13 mins
Efe 5:16 , 2 Tim. 4:7 , 2 Pet 1:19 “Om DIE GELOOF TE BEHOU…. “ ongeag omstandighede - gunstig of ongunstig , is elke kind van God se keuse , fokus , verantwoordelikheid en strewe. Paulus en Petrus het vanuit hulle lewens vir ons op geskryf wat hulle eersterangs ervaar , beleef en geleef het. Vir elkeen wat “GELOOF” ontdek het vanuit GOD se waarheids perspektief , besef ons dat LEWE & TYD = ‘n voorreg en geleentheid met ewigheids waarde - “om HOM te ken “ ( Joh 17:3 ) Wat ons dan egter het om die GELOOF TE BEHOU , is diè PROFETIESE WOORD wat baie vas is …………..dit is meer as om na ‘n preek te luister , dit is om die intimiteit met GOD se WOORD & GEES te beleef en om daarop ag te gee , konstant en totdat …………… Enigeiets met waarde is tog waardevol ! Dws…………om iets met waarde te besit , gaan ons iets kos , moeite ….dissipline , volharding , lydsaamheid …….alles positief ………..en die resultaat = die moeite werd ❗️ Daarom kan ons met Paulus en Petrus vandag saamstem , ongeag wat ook al …………daar is niks wat ons ooit sal kan skei van die liefde van God wat daar in Jesus Christus is nie .