die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
17-11-2019
Duration: 1 hr 10 mins
Wat impliseer ons as ons byeenkom om te bid vir reën? Dat God reën het en kan gee maar dit van ons terughou en wag dat ons Hom daar oor moet smeek? — en self's Dan gee Hy nie eers gehoor nie. Of straf Hy ons? Dan het Jesus nie al die straf gedra nie. Wat is die rede vir die ritmeversteuring in die natuur en hoe stel ons dit reg?
10-11-2019
Duration: 49 mins
Waar staan ek? Kyk weer, kyk dieper in die volmaakte wet van vryheid. Wat waar is, is waar, lank voor dit ontdek is.
03-11-2019
Duration: 51 mins
Sien wat God se droom vir ons is vandag en leef dit! Dit is waarin God se Gees bestendig is en Sy seën onbeperk kan vloei.
27-10-2019
Duration: 1 hr 13 mins
Die Terugkeer: Wat leer ons hieruit? 1. Net 'n oorblyfsel keer terug. Dis vandag nog so - net 'n oorblyfsel reageer op God se uitnodiging. Vir die res is die Babel lewe goed genoeg. 2. Vandat die fondament gelê is met die oog op die hele tempel se voltooiing en die aangaande aanbidding (verhouding) waarvoor dit bedoel is het God se seën begin vloei. 3. Nehemia leer hulle om elkeen voor sy eie huis die muur te herstel. Elkeen van ons dra by tot die kollektiewe gesag wat die Gemeente uitstraal.
20-10-2019
Duration: 1 hr 4 mins
Die ware: "Ek is jammer" 3 Kragtige woorde wat versoening kan bring maar moet voortkom uit 'n opregte hart.
13-10-2019
Duration: 1 hr 3 mins
Net soos die mens se 'amen' op God se beloftes die Dubbele stroom aktiveer, het ons ook 2 partye nodig om saam te stem om versoening tussen mense te verkry. Verhouding is die hoogste vorm van lewe - dit skep lewe of dit kan dood wees soos die soutsee. Eségiël se beeld van die Dubbele Stroom wys ons die waarde van herstelde verhoudings.
06-10-2019
Duration: 50 mins
Die mens kan homself nie red nie. Hy het God (in Jesus Christus) nodig. Maar omdat God liefde is kan Hy ook nie verhouding afdwing nie. Wanneer God en mens ooreenstem word redding finaal geaktiveer.
29-09-2019
Passage: Ezekiel
Duration: 1 hr 10 mins
Na die uiteindelike verwoesting van Jerusalem en die tempel verander Eségiël se profesie na een van hoop. God stuur hulle Sy goeie Herder, Israel word as een herstel en die tempel word herbou! God voorsien 'n geestelike ontwaking in Israel!
22-09-2019
Duration: 30 mins
Seen met 'n afgehandelde, toegesluite, vergete gister! 'n Volle omarmde vandag waar jy as ligdraer kook in ons verwronge samelewing, maar ook met uitgestrekte arms na die volmaakte more op Jesus se skoot.
19-09-2019
Duration: 44 mins
God se liefdesverbond wat vry maak. 'n Belofte van waarde, beskerming en ewige liefde.