die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
12-08-2022
Duration: 1 hr 2 mins
DIE TYDLYN 190: SABBATSRUS ~ DIE WOORD VAN SY KRAG. Die NT sabbatsrus vervang die skadubeeld van 'n wettiese Sabat. Kyk na die verskil tussen krag van Sy woord en woord van Sy krag.
07-08-2022
Duration: 1 hr 6 mins
DIE TYDLYN 191 - HEBREËRS (3) DIE ORDE VAN MELGISÉDEK DIE TIENDE :- Jesus verander die orde van "doen" na die orde van "wees". Só verander die Priester orde (OV) van Levi na Melgisèdek en gevolglike verandering van wet.
24-07-2022
Duration: 1 hr 9 mins
Ek sien net die konsep van : “om te verstaan” vs “om te glo” Ons / almal is geleer om te glo ! Maar omdat die “leermeesters” self nog nooit verstaan het nie ( dis mos kamstig arrogant ………….jy moet met glo en aanvaar en berus ) , het geloof een vreeslike wroeging geword ! Want ek wil glo ………maar wat help dit om te glo ……as ek nie kan of mag verstaan nie ! Efe 5:17 bv. Die saaier konsep maak opnuut soveel goed oop : en die basis van saad = GEREGTIGHEID! Dit gaan m.a.w nie oor die saaier nie ( Jesus is/ was die saaier ………..en hou aan saai ……ongeag - genade!) Dit gaan ook nie oor die saad nie ………want saad word gesaai !!!! nog altyd / ongeag ! Dit gaan oor die ontvanger se “mindset “ gesindheid - to apply your mind ! 1. Verstaan nie - godsdiens ( langs die pad ) 2 . Rotse ( quick fix ) daai baie bekerings - veral as ek innie moeilikheid is !!!! 3. Dorings - ‘N lewe van compromise ( deut 22:9 ) 4. Goeie grond ( regverdig making ) - 100% Wandel is soms 30/ 60 / 5% ……..maar ons gaan vir 100!!!👌🏼👌🏼
17-07-2022
Duration: 1 hr 1 min
DIE TYDLYN 189 - HEBREËRS (1) Die uitstalling van die Goeie Nuus soos ''n diamant" op die donker agtergrond van die Ou Verbond. "As beter beskikbaar is, is wat goed was nie meer goed genoeg nie".
10-07-2022
Duration: 1 hr 2 mins
DIE TYDLYN 188: 1 TIMÓTHEÜS - VERGENOEGDHEID. Die openbaring van ons geregtigheid (waardigheid) en verhouding wat daaruit vloei verander ons aksies van die nakom van voorskrifte na die vrug van verhouding.
03-07-2022
Duration: 1 hr 1 min
DIE TYDLYN 187 - 1 TIMÓTHEÜS - DIE MANDAAT Die doel van Paulus se onderrig is liefde uit 'n rein hart, goeie gewete en ongeveinste geloof.
26-06-2022
Duration: 1 hr 0 mins
DIE TYDLYN 186 - Filippense (5) BEMAGTIGTIG TOT DIE LEWE! "Die lewe en oorvloed" lê in vergenoegdheid en kennis van hoe om my "werke" gebede te vervang met die gebed van die Gees.
19-06-2022
Duration: 50 mins
"GOD SE ONVERDEELDE HART" Ervaar God se onvoorwaardelike, onverdeelde en onveranderlike liefde en leef in Sy triomf.
12-06-2022
Duration: 1 hr 0 mins
DIE TYDLYN 185:Filippense (4) DIE VOORWAARDE VIR HERTROU Verhouding met God is Nuwe Testamenties soos hertrou. Die mens was geestelik getroud onder die Wet met sy eie poging en hy moet daarvan skei of daarvoor sterf om wettiglik te kan 'hertrou'. Die vleespoging en roem van die vlees het Paulus waardeloos geag om Christus as wins te verkry.
05-06-2022
Duration: 59 mins
DIE TYDLYN 184: FILIPPENSE (3) DIE KRAG VAN JOU BESLUIT Paulus gebruik die woord gesindheid. Die Grieks is 'phroneo' wat beteken: To apply your mind. Wanneer ons ons eie gedagte opmaak en dienooreenkomstig besluit en optree bekragtig ons die goeie werk wat Hy begin het - dit is om ons eie heil tot werllikheid te laat kom. Daarop 'werk' God in ons - energeo - gee Hy die energie en die begeerte om Sy wil te doen. So word God se goeie werk in ons lewens voleindig!