die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
01-10-2023
Duration: 1 hr 4 mins
DIE TYDLYN 235 - 2 TIMÓTHEÜS 2 Paulus bevestig aan Timótheüs watter teenstand en uit watter oorde die volgelinge van die Messias kan verwag.
29-09-2023
Duration: 1 hr 6 mins
DIE TYDLYN 234: PAULUS SE 2e BRIEF AAN TIMÓTHEÜS - SY LAASTE! Paulus se laaste brief voor sy teregstelling. Ons kyk na die stemming van die brief, Paulus (én Timótheus) se missie en die teenstand wat Paulus verduur het en wat Timótheüs kan vewag.
17-09-2023
Duration: 1 hr 0 mins
DIE MANNEKAMP OPGESOM. Die vreugde om te leef met God se oortuiging oor Homself en Sy oortuiging oor jou en omstandighede.
10-09-2023
Duration: 54 mins
DIE TYDLYN 233: TITUS (2) Paulus spreek die onaanvaarbare leefwyses aan van mense binne die gemeentes. Die rede is waarskynlik dat hulle nie waarlik oortuig is nie. Die verskil tussen die mens se 'geloof' en God se geloof.
03-09-2023
Duration: 1 hr 7 mins
DIE TYDLYN 232: TITUS (1) Paulus skryf die brief aan Titus uit Griekeland na sy besoek aan Kreta op sy 4e sendingreis. Hy moedig Titus aan om daarop te fokus dat die gemeente kom tot die volwasse man.
27-08-2023
Duration: 49 mins
DEEL 2: WEES WIE JY IS IN DIE GROOT "EK IS" Jesus nooi jou as die draer van Sy Familienaam, Sý erfgenaam en gesalfde. Die een wat deur Hom geroep, aangestel én waardig verklaar is, om jou hart met al sy sorge, hartseer, vreugde en drome vir Hom te gee sodat jy kan heel wees.
20-08-2023
Duration: 1 hr 3 mins
DEEL 1: Wees wie jy is in die Groot "EK IS" Ek en jy is nie gedoem tot 'n slagofferstatus óf afhanklik van werke en prestasie nie. Ons is uitgenooi om te leef in die vrede, stille rus en heelheid wat daar in Christus is - dié vrede wat alle verstand te bowe gaan.
13-08-2023
Duration: 1 hr 2 mins
DIE TYDLYN 231 - VREDE + GEREGTIGHEID. VREDE (AS OWERHEID) EN GEREGTIGHEID (AS BESTUURDER) Die opdraggewer het verskuif van buite na binne. Ek tree op uit eie oortuiging en nie meer in opdrag van... nie.
06-08-2023
Duration: 1 hr 9 mins
DIE TYDLYN 230 - DIE BELOFTE VAN DIE PARAKLETOS (2) Sy teenwoordigheid in ons is die bloudruk vir n oorvloedslewe soos wat ons Hom toelaat om ons van waarheid te oortuig.
30-07-2023
Duration: 58 mins
DIE TYDLYN 229: DIE BELOFTE VAN DIE PARAKLETOS Die hemelvaart van Jesus hou vir ons groot voordeel in - die Trooster is niemand anders as Hyself nou ín ons, soveel meer as net ónder ons!