die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
17-04-2022
Duration: 39 mins
"Jou lewensverhaal - 'n storie met Goddelike impak." Gewortel in God kan ons onsself sien soos Hy ons sien en 'n lewensverhaal skryf ver bo wat ons kan dink.
10-04-2022
Duration: 1 hr 3 mins
DIE TYDLYN 178: EFÉSIËRS (4) DIE WAPENRUSTING Gelaai met die volheid van die Godheid kan ons ons eie heil uitwerk van binne. Die wapenrusting is nie vir oorlog nie, die is klaar deur Christus vir ons gewen, elkeen is nodig om ons te bemagtig tot die uitleef van die lewe en oorvloed.
03-04-2022
Duration: 1 hr 1 min
DIE TYDLYN 177: EFESIERS (3) *SODAT NOU, DEUR DIE GEMEENTE... * Paulus se gesprek met God en die gemeente oor die onmeetlike potensiaal in elkeen van ons - dus ook in ons almal saam kollektief.
27-03-2022
Duration: 56 mins
DIE TYDLYN 176: EFÉSIËRS 2 "ONS" GEHERDEFINIEER. Die skeiding wat sonde gebring het tussen mense is met Jesus se offer opgehef. Dieselfde prys is vir alle mense betaal.
20-03-2022
Duration: 34 mins
" 'n Goddelike dag" Beleef die volheid van God vandag en lewe in Sy oorvloed.
13-03-2022
Duration: 1 hr 4 mins
DIE TYDLYN 175 - (EFÉSIËRS) GESEËND MET ALLE GEESTELIKE SEËNINGE. Opvolgend op sy briewe aan die Kolossense en Filémon verskuif Paulus die klem in sy brief aan die Efésiers na die verborgenheid t.o.v die gemeente as God se werktuig om Sy voorneme tot uitvoering te bring.
06-03-2022
Duration: 1 hr 3 mins
DIE TYDLYN 174: Alles wat goed is, is in jou! Fil. vs 6. God se Gees in ons het ons gelaai met alles wat goed is. Intimiteit met Hom ontsluit daardie enorme potensiaal.
27-02-2022
DIE TYDLYN173: DIE HOE VAN INTIMITEIT MET GOD. In ons soeke na intimiteit is ons soms geneig om "weesdinge" te verruil vir "doendinge". Ons maak van goeie werke opdragte in plaas van vrugte en slegte werke wil ons met reëls en wette uitbestuur. As jy oortuig is van jou absolute waarde voor God gee dit vrymoedigeid tot verhouding. Intimiteit vloei uit eenwees met die verborgenheid - die Gees van God binne in jou. Soek intimiteit met God (Heilige Gees) in jou, wees net daar en beskikbaar om oorweldig te word deur Sy karakter en liefde. Intimiteit lê nie in emosie en aksies hemel toe nie, dit is binne in jou in interaksie met God se Gees.
20-02-2022
Duration: 1 hr 6 mins
Dié WOORD : Maak dit my vrymoedig of gee dit my selfvertroue? Het dit my behoefte bevredig of my vervul? Wat is my sekuriteit? JEHOVAH JIREH!
13-02-2022
Duration: 1 hr 1 min
DIE TYDLYN 172 - WAT JY GLO, SÊ NA WIE JY LUISTER - GESAG Paulus waarsku die gemeente teen drogleringe wat goed lyk maar niks anders is as 'n Jesus plus evangelie nie. Hulle het 'n besnydenis nodig - die keer van die hart, om in denke een te wees met die volheid van die Gees wat inwoon.