die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
09-03-2025
Duration: 1 hr 6 mins
'N UITNEMENDER WEG. Dis soveel makliker om in die eenvoud van Gemeente wees met God te wandel as om die moeitevolle pad van Kerk met soveel meer struikelblokke te volg.
02-03-2025
Duration: 1 hr 4 mins
DIE PAD NA WARE LIEFDE EN VRUG Ontdek in Petrus se reis van Riet na Rots sy geheim vir 'n lewe wat getuig van die volheid vir 'n lewe wat getuig van die volheid van die Gees in jou.
23-02-2025
Duration: 1 hr 4 mins
DIE VRUGTE VAN DIE GEES Net soos die Wet die mens se tugmeester na Christus was/moes wees, so is die vrugte van die Gees (Gal 5:22) NT ons tugmeester na ons intieme verhoudings met God se Gees in ons. Dis Hy wat die vrugte deur ons dra!
16-02-2025
Duration: 54 mins
DIE KONINKRYK EN JÝ - BLYDSKAP. Daar is baie dinge wat ons bly maak soos gesondheid, voorspoed, verhoudings wat blom ens. Blydskap as vrug van die Gees lê veel dieper. Dit is nie gekoppel aan eksterne faktore nie.
09-02-2025
Duration: 1 hr 5 mins
AAN SULKES... KONINKRYK-BINNE IN JULLE. Die Koninkryk vestig eers binne in ons en daarna stort dit uit. Vrugte en gawes is nie gedrag wat mens aanleer nie, dis die strome van lewende water wat uit ons binneste vloei!
02-02-2025
Duration: 1 hr 3 mins
AAN SULKES... LAAT JOU DAN TUGTIG. Die Koninkryk is God se Gees in ons en die mate waarin ons aan Sy wens en inspraak onderworpe is.
26-01-2025
Duration: 59 mins
GEVOED EN GEVUL MET JESUS Net soos wat Jesus Sy dissipels bemoedig en hul tenk gevul het, bedien Hy ons met Sy teenwoordigheid, vrede, liefde, vryheid, visie, hoop en Gees.
19-01-2025
Duration: 58 mins
AAN SULKES BEHOORT DIE KONINKRYK (Mark10:14) Hoe word ons soos een van die kindertjies? - Om absoluut onskuldig voor God te wees, sonder in agneming van wat ek gedoen het - goed of kwaad.
12-01-2025
LIG EN DUISTERNIS - 2 SOORTE VERHOUDINGS - WAAR BEVIND JY JOUSELF? Hierdie lewe is 'n tussenspel in die Ewigheid. Hier gee God (LIEFDE) ons 'n keuse wat ons uiteindelike ewigheidsbestemming gaan bepaal. Dit is die keuse tussen lig en duisternis! Oppas: Die Satan kom soos die Engel van die lig. Ons het geopende oë nodig om te onderskei!
05-01-2025
Duration: 1 hr 5 mins
WANNEER IS DIT MY BEURT? Dood en die verlies daarin is deel van ons lewenservaring. Wanneer ons 'n geliefde aan die dood afstaan, het ons 3 vrae om te antwoord: 1. Waar is hy/sy nou? 2. Hoe/hoekom het dit gebeur? 3. Wat kan/kon ons doen om dit te verhoed... en uiteindelik, wanneer dit kom, hoe bestuur ons dit?