23-07-2023
KIES DAN DIE LEWE!
Danksy die voltooide werk van Jesus Christus, kan ek en jy met vrymoedigheid reageer op God se aanbod om te leef in Sy Liefde en oorwinning.
16-07-2023
DIE TYDLYN 228: DIE OFFER VAN GOLGOTA - LIEFDE BUITE ALLE GRENSE.
Die Seun se oorlewering en opstanding is sekerlik die enkel belangrikste gebeurtenis in die mens se geskiedenis. Dit skep 'n groter prentjie waarteen ons al ons belewenisse kan spieël.
09-07-2023
DIE TYDLY 227: DIE PROFETIESE REDE - TALENTE.
Elkeen van ons is gelaai met talente. Ons het een lewe om hulle te gebruik en te benut tot eer van ons Skepper! Die belangrikste daarvan is om lief te hê - liefde te gee en liefde te ontvang! Tegelyk leef ons 'n lewe van gereedheid!
02-07-2023
DIE TYDLYN 226: DIE PROFETIESE REDE-DIE BEGIN VAN DIE "SMARTE"
Jesus se sterwe en opstanding was 'n oorwinning oor sondaarskap.
Vir ons: Die geregtigheid van God word in ons lewens 'n oorwinning oor sonde.
Vir sommiges egter word die geregtigheid met die mens as fokus 'n oorwinning vír sonde.
25-06-2023
DIE TYDLYN 225: JESUS BERISPE DIE SKRIFGELEERDES EN FARISEËRS - ONS GELEENTHEID VIR INTROSPEKSIE.
Jesus wys die valse gesindheid van baie mense wat hulle voordoen as waardig maar onwaardig optree. Lw: Hy praat met mense vir wie Hy gaan sterf - in ons geval, gesterf het.
Deur Sy sterwe het Hy die mens se status van sondaar na regverdig verander maar sonde se status bly onveranderd. Sonde is steeds sonde!
18-06-2023
DIE TYDLYN 224: DIE SADDUSEËRS EN DIE OPSTANDING.
Soos die maagdelike geboorte 'n vereiste was om Hom die Lam sonder gebrek te maak (anders sou Hy ook soos alle mense gesondig het) - so is Sy opstanding die bewys van die Geregtigheid wat ons glo.
NS:JAMMER GEEN VIDEO BESKIKBAAR.
11-06-2023
LEEF LIG IN DIE LIG (PSALM 27)
Skrop nes in die sonkol van Sy warmte en liefde en wandel dan met 'n ligte tred en 'n kop omhoog in Lig.
04-06-2023
DIE TYDLYN 223 - VRUG - DIE PRODUK VAN OORSAAK EN GEVOLG.
Alles in die lewe kan verduidelik word aan die hand van oorsaak en gevolg. Ons geregtigheid is die gevolg van die Seun se offer en opstanding, wat weer die gevolg was van God se liefdeskeuse. Die lewe en oorvloed is die geskenk aan elkeen, maar die ontvangs en lewe daarin is steeds die produk van ons keuse om aan te neem of te verwerp.
28-05-2023
DIE TYDLYN 222: DIE VRUG VAN INTIMITEIT.
Jes 58: Die vas wat God verkies is nie rituele en selfs goeie gebruike nie. Dis om intiem met Hom te wees en ons wandel / optrede sal dan die vrug wees van daardie intimiteit.
21-05-2023
DIE TYDLYN 221: DIE WOORD WORD VLEES.
Soos beloof kyk ons na die profesië aangaande die Messias in Jesaja 41-66.
Die besef dat die Woord waarlik vlees geword het en nou selfs vlees word in óns monde en óns harte!