Ons vier nie die paasfees van die wêreld nie!
Die valse is ontbloot! Die “paasfees” wat saam met die maan loop dateer uit die antieke Babiloniese tyd en is die fees vir Astarte (die godin van vrugbaarheid) met sy paaseiers en hase! Dié heidense fees het met die totstandkoming van die Rooms Katolieke Kerk 300-400NC ‘n Christelike ‘baadjie’ gekry en vir die laaste ongeveer 1500 jaar vier die ‘kerk’ met die beste bedoelings saam met die afgodery fees!
Die ware Paasfees is met die uittog uit Egipte ingestel! Op die 16e dag van die eerste maand op die Joodse kalender! ‘n Sekere dag van die jaar, nie aan die maan gekoppel nie! Dit het verwys na die lam waarvan die bloed aan die deurposte die dood by dié huisgesinne sou laat verbygaan! (Pass over). Die volk moes dié fees saam met ses ander feeste jaarliks hou as profetiese herinnering aan die Lam (Jesus Christus) wat sou kom om die sondes van die wêreld weg te neem.
In Jesus Christus is die profesie vervul! Hy is die Lam! Hy hét gesterf met ons sondes én opgestaan nadat die volle prys vir die mens se regverdigmaking betaal is!
Lees ons Handelinge 15 en Kolossense 2 kan ons sien dat daar geen aanduiding is dat van die heidene wat tot geloof gekom het (dis nou ons!) verwag was/is om die feeste en wet te hou nie! Geloof (oortuiging) het ons in ‘n intieme liefdesverhouding met Hom gebring. Daarin leef ons die gees van die Wet/Woord, vry van ons eie vergeefse pogings onder die wet om God se standaard te bereik.
Voor Sy dood en opstanding breek Jesus egter brood met sy dissipels (volgelinge – wat ons ook nou geword het) en raai hulle aan om dit dikwels te doen as ‘n herinnering van wat Hy kom doen het. Die oogmerk is dat ons in die gebruik van die nagmaal bevestiging kry in Sy teenwoordigheid (bread of the presence) van ons nuwe identiteit in Hom!
So eet ons waardig van die tafel van die Here met die gevolg dat ons die lewe en oorvloed leef wat Hy vir ons kom verdien het. Dit is ons Paasfees! Ons hou dit dikwels! Sy liggaam en bloed het ons vergifnis en genesing gekoop!
Duration:1 hr 9 mins