20-10-2024
'N LEWE VAN OORWINNING EN TRIOMF
Jesus het Sy wapenrusting aan ons bemaak - nie om nou met die bose te begin baklei nie, maar om dit vir ons moontlik te maak om altyd en in alle omstandighede in Sy oorwinning te kan staan.
15-09-2024
GEROEP SOOS PETRUS
Jy is op die naam geroep en ten volle toegerus om die Lig van Jesus te laat skyn. Niks sal kan staan teen die Lig in jou nie!
18-08-2024
"EK HET VIR JOU GEBID - DAT JOU GELOOF NIE OPHOU NIE" (JOHAN PIENAAR)
Ons vermoë om ons geloof (oortuiging) te behou is nie afhanklik van ons pogings en prestasie nie, maar is VAS in Jesus se voltooide werk, Sý vermoë en geloof en die feit dat Hy vir altyd leef sodat ons deur Hom in elke seisoen van die lewe kan lééf!
04-08-2024
SÊ JA VIR LEWE EN VIR EWIGHEID (JOHAN PIENAAR)
In 'n ware, lewendige verhouding met Jesus KAN jy sy liefde en teenwoordigheid ervaar. Kies vandag vir verhouding met Hom sodat jy waarlik kan leef - nou en tot in ewigheid.
05-05-2024
GEE MY DIE BERG
Dink nuut oor die berge in jou lewe, ontdek berge van beloftes, seën en gesag en maak dit joune!
28-04-2024
GOD SE WOORDE EN UITNODIGING AAN ADAM EN JOU EN MY.
Jy is geskep na God se beeld en gelykenis en geregverdig deur die voltooide werk van Jesus. In wese is jy goed, rein, beeldskoon en toegerus met meer as wat jy kan dink of vra. Jy is genoeg. Laat jou vrug getuig van jou wese.
10-03-2024
BLY IN MY SOOS EK IN JULLE (JOH 15:4)
Sien jouself soos God jou sien en vind en ervaar sekerheid, vreugde en vrede in jou posisie in Hom.
03-03-2024
BID SÁÁM MET DIE ANTWOORD i.p.v VÍR DIE ANTWOORD
Ervaar die vreugde daarvan om in Jesus met absolute vrede en sekerheid sáám met die Gees van die Almagtige te bid.
25-02-2024
BREEK DIE DAK OOR JOU BEPERKINGS OOP!
Lig die dak oor jou beperkings en dít wat jou terughou en leef in vervuldheid.
18-02-2024
JESUS SE GEBED OOR JOU ÉN JOU GELIEFDES.
'n Gebed van Jesus sodat ons EEN kan wees met Vader, Seun en Gees en die VOLHEID, HEELHEID en HEERLIKHEID van Jesus kan ervaar.