29-01-2017
Ons as ouers vind soveel plesier daarin om ons kinders se gesigte dop te hou wanneer hulle 'n geskenk kry en veral die joy wanneer daardie geskenk oopgemaak word en hulle sien wat daar binne in is.
Die Vader se hart is dat ek en jy meer en meer tyd sal spandeer om die inhoud van die alles omvattende geskenk nl. die lewe van Christus wat vir eeue verborge was te ontdek.
Minderwaardigheid is die euwel wat ons beroof van vrymoedigheid omrede dit ons stroop van die identiteit wat ons in Christus het.
Minderwaardigheid haal die joy uit die Geskenk en dwing die mens om joy op baie ander plekke te soek,Mense raak by soveel goed betrokke en spandeer soveel tyd en geld om die ruimte / gemis binne in hulle te probeer opvul. Soms beleef hulle die illusie van vreugde maar is van korte duur. Dit lei tot 'n konstante gesoek 'n op en af lewe van onversadigheid en onvergenoegdheid.
Dit is eers wanneer die Geskenk die ruimte binne-in die ons opvul dat ons vrede kry. Die grootste avontuur begin egter wanneer daardie geskenk oopgemaak word en dit die inhoud daarvan ons so oorweldig met heerlikheid en grootsheid en wat wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie word waarheid in jou lewe. .
Die inhoud van die Geskenk is die Woord wat vlees geword het en die effek daarvan is dat jou vlees verander in woord.
22-01-2017
'n Geskenk is iets wat ek en jy ontvang sonder dat ons presteer het en wanneer ons dit gevat het hoef ons nooit iets te doen om dit te verdien nie. 'A GIFT IS NOT A REWARD'.
Jesus Christus is die grootste genadegawe die mees omvattenste geskenk wat elke mens gekry het, Geen geskenk in materie kan opweeg teenoor die LEWE VAN JESUS CHRISTUS wat ons uit genade gekry het nie.
Die tragedie is dat so min die geskenk in ontvangs neem, "dit vat", so min het dit oopgemaak en begin met die groot avontuur om dit te ontdek.
Hou op om by ander van die oorvloedslewe te hoor en ontdek dit self. In die intieme verhouding met God openbaar Hy aan ons die lewe.1Kor2:12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. God openbaar die lewe slegs aan die wat dit soek.
Hierdie lewe van oorvloed en vervulling het ons gekry sonder dat ons "perform" het, noudat ons dit ontvang / gevat het hoef ons nie daarvoor te werk as teen prestasie nie. Spandeer tyd om dit te ondek en geniet dit net!
06-11-2016
Paulus vergelyk ons verhouding met die Vader met die van ‘n atleet wat aan ‘n wedloop deelneem. Heb 12.1
Dit is krities belangrik om seker te maak dat jy wel aan die wedloop deelneem en nie dalk slegs ‘n toeskouer is nie. ‘n Toeskouer gaan nooit die ekstase / joy /heerlikheid beleef van dit wat opgesluit is in die intieme verhouding met die Vader nie.
Om deel te word van die wedloop beteken om te proe en te smaak en te eet van die Lewende
Brood. Joh 6: 53-54 - En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees
van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat My
vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe.
Hoe eet en drink ek die vlees van die Seun van die mens, Jer 15:16 toe U woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en U woord was vir my ‘n vreugde en vrolikheid vir my hart want u Naam is oor my uitgeroep, Here, God van die leërskare! (dit laat my dink aan iemand wat aan die wedloop deelneem en dit lekker vind)
Pasop dat jy nie manna en Brood verwar nie – Manna se oorsprong is om die vlees te versadig dit hou nie dis vir nou nie vir ewig nie.
Die vreugde van die wedloop le in die eet van die lewende Brood, dan hoor jy persoonlik by Hom, dan word jy persoonlik deur Sy Gees oortuig en dan word jou ou gedagtes deur sy Gees verplaas en opgevul met Sy lig en lewe. Dan verdwyn die laste en die sonde wat jou so maklik omring en ekstase, opwinding en lewe breek deur.
18-09-2016
Jou wandel met God ontstaan uit verhouding. Amos 3:3 Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het? Die twee spreek eers af – julle twee is eers in verhouding voordat hulle in-pas kan kom. Jou verhouding met die Vader manifesteer in jou wandel. ‘n Verdeelde hart is ‘n hart wat flankeer met dit wat die verhouding vertroebel en wat jou sonder gesag los. Mark 3:24+25 – ‘n Koninkryk / huis wat in homself verdeeld is kan nie bly staan nie. Luk 6:49 Daardie huis is op sand gebou en toe die storm daarteen losbreek het dit dadelik geval en die instorting van daardie huis was groot. Hoe raak ek ontslae van ‘n verdeelde hart? Raak ontslae van gemengde saad, raak ontslae van verkeerde denke en voed jou met die waarheid/woord van die geloof en wees wakker vir die leuen en suggestie van die vyand – fokus op die kosbaarste verhouding met die Vader. Jou wandel is ‘n weerspieeling van jou erns met jou verhouding met die Vader. Waarom is jou wandel so belangrik? – Dit is hoe jy God eer, dis hoe jy Sy heerlikheid op aarde is. Sout, lig en die aangename geur vloei deur jou wandel – jyself word daarmee gevul in verhouding. Jy kry dit op geen ander manier nie, dis net by die Fontein van lewende water beskikbaar, al die ander bronne is vervals en dui op gedragsaanpassing.Die effek van die jou verhouding word sigbaar – Fil 1:4 Jy verkwik die harte van ander. “The bowls of the saints are refershed by you, brother.”
28-08-2016
Die mens is ontwerp om met God in pas te wandel. God het die mensdom reg verklaar. Naby jou is die Woord in jou hart en in jou mond. Hy waarborg ons Sy nabyheid. Ver bo wat ons kan bid of dink, kry eers gestalte as ons toetree tot die wandel. Ons moet dus opstaan en uit die gemaksone beweeg.
Beweeg - wandel voor Sy aangesig - Lig dan verdwyn ons eie glans en verkry ons Sy glans - dan is ons in pas - dan kan die wêreld die werk van geloof sien. Dan kom Liefde in aksie - "effortless". Ons fokus is dus nie op ons dade of optrede nie maar om in Sy teenwoordigheid te bly . 'n Gebrek aan teenwoordigheid lei na gebrekkige wandel wat ons ligdraers sonder olie in ons lampe maak.
21-08-2016
God se hart is dat die mens in pas met Hom sal wandel. Daarom het Hy alle afstand oorbrug, uit gekanselleer. Hy het ons liggame gereinig, geheilig sonder vlek of rimpel gewas sodat ons reg is vir Sy Woord. Deur Sy Gees is Sy Woord nou in my hart en in my mond. Hy nooi die mens nou uit om in pas te kom. Om in pas te wees beteken om 'n spieëlbeeld te wees. Jy kan die twee nie van mekaar onderskei nie. Die uitdaging vir ons is, om onsself ons denke ons siel te heilig, af te sonder vir Sy Gees sodat my hart en God se Gees in harmonie kan wees, dan is ons in pas met Hom.
28-02-2016
André deel met ons oor die nuwe generasie, die nuwe liefde.