VERLIEF VIR ALTYD!

book7Ja!

Dit is moontlik om vir altyd verlief te wees!

God het ons daarvoor ontwerp! Onthou: “… dat julle kan lewe, en dit in oorvloed.“ Die einde van die sprokie : “En hulle het daarna vir altyd gelukkig saamgeleef,” is van die werklikheid ontleen! Dit is immers wat God oorspronklik met die verhouding tussen ‘n man en sy vrou bedoel het!

Die dryfkrag daaragter is God, wat Homself in Sy Seun openbaar as hemelse Bruidegom met die mens as Sy bruid. Eersgenoemde is steeds veronderstel om die sigbare uitbeelding te wees van laasgenoemde!

God se liefde is die onfeilbare, ewige, immergroen opgewondenheid wat onveranderd bly in alle omstandighede. Sy liefde in ons vir mekaar is die waarborg vir lewenslange ekstate en heerlikheid tussen die twee van ons!

Die doel van die boek is om paartjies tot so ‘n heerlike verhouding te bemagtig en aan te moedig.