gemeente 03Resize

DIE ONTSTAAN VAN DIE GEMEENTE

Die Christus Gemeente in Vaalharts het in 1985 ontstaan uit die openbaring van die Geregtigheid van God – die ware en volle implikasie van die offer van die Seun van God, Jesus Christus, op Golgota. Met hierdie openbaring in hul harte het Jan en Henda Brand hulle denominasionele bande met die tradisionele kerk verbreek en in hul sitkamer as gesin begin om die Woord te oordink en te ondersoek. Nog ‘n gesin het by die gesprek aangesluit en dit het nie lank geneem voordat die sitkamer te klein geword het vir die mense nie. Verskeie persele is gebruik om byeen te kom oor die jare en uiteindelik is 2009 ‘n stuk grond aangekoop in Jan Kempdorp waarop ‘n kompleks opgerig kon word waaruit die Gemeente kon funksioneer. Die gebou is in Oktober 2011 in gebruik geneem.

Sedertdien is ‘n kampterrein met slaapgeriewe op die perseel opgerig om besoekers vir kampe, seminare en byeenkomste te huisves. Die gemeente bestaan soveel uit plaaslike inwoners van Vaalharts as mense wat met die gemeente saamvloei van regoor Suid Afrika en ook in die buiteland. Dienste word op internet uitgesaai wat mense oor afstand in staat stel om lewend in te skakel.

Dit wat die Gemeente glo en leer word o.a. vervat in 4 boeke wat uit Jan se pen verskyn het nl. Die Geregtigheid van God (2002-2009) (Afrikaans); The Righteousness of God (2015) – die Engelse bygewerkte weergawe van eg. ; Goeie Nuus (2005) en Verlief vir altyd! (2005 & 2013).

The “Christus Gemeente in Vaalharts” was founded in 1985 by Jan and Henda Brand. The revelation of the Righteousness of God, the true and full sequel of the sacrifice of the Son of God on Calvary, was their reason for leaving their traditional denomination to pursue the newly found ‘good news’. They assembled in their home at first but within a year they had to find a bigger premises which could accommodate the growing number of people attending the meetings. Various venues were used over the 26 years that followed until eventually the congregation bought a plot in Jan Kempdorp on which a complex could be erected to house the congregation. The main building was inaugurated in October 2011.

Since then facilities for camping and accommodation were erected to house visitors for camps, seminars and meetings. The members of the congregation are not only from the vicinity of Vaalharts but comprises of as many members across South Africa and abroad. Services are broadcasted on internet to accommodate people over distance.

What the congregation believe and teach are largely accounted for in the book, The Righteousness of God, by Jan Brand (2015), an edited rewriting of the book with the same title in Afrikaans which was published in 2002 and edited and reprinted in 2005 and 2009.

Bestellings

katryn

Kontak gerus vir Katryn rakende;

Algemene navrae

Bestel van boeke

Bestel van Woordopname CD's

Tel : 082 501 7363

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Besprekings

Anasja

Kontak asb vir Anasja Brand i.v.m. besprekings van kampe en verblyf.

Tel : 072 380 3846