KAMP SPREKERS

Die kampe word hoofsaaklik aangebied deur ondergenoemde sprekers, maar ons gebruik gereeld ander persone ook wat in eenheid met die boodskap is.

JAN EN HENDA BRAND
Jan HendaR
Jan en Henda is deur God gebruik om die gemeente vanuit die boodskap van God se Geregtigheid te plant, 30 jaar gelede. As herderspaar is hulle vir die afgelope 30 jaar in bediening betrokke. Jan het intussen verskeie boeke geskryf en hy en Henda bedien gereeld by seminare, kampe en geleenthede regoor Suid Afrika en in die buiteland. (Jan is ‘n Veearts van professie en boer ook deeltyds)
RIAAN EN MELINDA BEZUIDENHOUT
melindaRR
Riaan en Melinda is produkte van die kampe en is die afgelope 15 jaar saam betrokke in die reël en organisering van kampe. Hulle tree ook as sprekers op by seminare en kampe landswyd en in die buiteland. Hulle is terselfde tyd herderspaar van ‘n soortgelyke gemeente wat onder hulle bediening ontstaan het in Heidelberg, Gauteng. Riaan is in die staalkonstruksiebedryf en boer deeltyds.
PIET EN DRIENIE JACOBS
Piet Jacobs

Piet en Drienie is van Welkom waar Piet vir jare in mynbou betrokke was. Nadat Hy ‘n ontmoeting met Jesus Christus gehad het, het hy ook ‘n kamp bygewoon en ingekoop in dié Goeie Nuus. Hy en Drienie is al die afgelope 15 jaar integraal deel van die aanbieding van die boodskap op kampe. Piet se aanslag is prakties. Hy praat die manne se taal en is ‘n gesogte geleentheidspreker regoor die land en in die buiteland!