open bible

Woordopnames

Filter media by:
Jan Brand
12-06-2016
Series: Wandel
Duration: 1 hr 15 mins 54 secs
Sonde (ha+meros) = verlies aan vorm – die vorm van gesag waarin God die mens aangestel het. Jesus het sonde geword sodat ons kon word Geregtigheid van God in Hom. (2Kor 5:21) Geregtigheid gee ons ‘n stand om in vrymoedigheid weer met Hom te wandel! Geregtigheid (stand) + wandel = gesag!(alle mense is regverdig gestel in Jesus Christus, (Rom 5:18) maar nie almal het gesag nie. Gesag kom uit die wandel in geregtigheid! Volhoubare wandel ontwikkel uit die ontdekking van ons nuwe ID. Dit is die klem van ons prediking! Dit laat die mens toe om te kies en volgens die keuse op te tree! Geen dreigemente of straf! Dit is die bediening van die Nuwe Testament Of: Mens sou kon terugkeer onder die Wet met vrees vir straf en vinnig die dissipline herstel/vestig! Dit is Ou Verbond prediking. Maar laat NT prediking die gemeente dan tugteloos?Teregwysing en onderrig (tugtiging) is essensieël deel van NT prediking!
Henda Brand
05-06-2016
Duration: 1 hr 8 mins 36 secs
Ek skaam my nie vir die evangelie (goeie nuus) nie, want dit is 'n krag tot redding (gesonde denke) vir elkeen wat glo. Dit is dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het wat in my woon!!! Wow!!! Vanuit hierdie krag is ons Sy getuienis. Wat 'n onmeetbare voorreg , maar ook verantwoordelikheid. Jer 15:19 Kom ons bring voort wat edel (rein,suiwer) is en niks onedel nie...dan sal ons soos Sy mond wees!
Jan Brand
29-05-2016
Duration: 1 hr 15 mins 21 secs
Om te kan onttrek uit God se ruim voorsiening vir elke fasset van 'n oorvloedslewe moet ek my PIN nommer (geestelik) ken en onthou! Onthou: As selfs een van die karakters verkeerd is, kan ek nie uit my rekening onttrek nie.
Jan Brand
22-05-2016
Passage: Psalm 1:3
Duration: 1 hr 13 mins 14 secs
Gemeente is soos 'n vrugteboord wat bestaan uit baie bome. Die totale oes is afhanklik van die opbrengs van elke boom. Onvoldoende besproeiing (waarheidswoord) en 'n onderontwikkelde wortelstelsel lei tot swak opbrengs. Die hoeveelheid en kwaliteit Woord waaraan ons ons blootstel en die erns wat ons daarmee maak (wortels) bepaal die ewigheids opbrengs van ons lewens.
Jan Brand
15-05-2016
Duration: 51 mins 43 secs
Die openbaring van die karakter en gesag van die Naam kan vir ons die verskil beteken tussen lewe en dood; seën en tragedie; voorspoed of ongeluk. Sy Naam aktiveer die Engele tot ons beskerming, maar dit is méér as net die gebruik van die Naam...
Powered by: truthengaged