open bible

Woordopnames

Latest sermons by
08-08-2018
Duration: 53 mins 10 secs
Time out is 'n term wat in sport gebruik word om die tyd te stop. Wanneer die skeidsregter "Time - Out" roep, kom alles tot 'n stilstand. Alle fokus word dan op die skeidsregter geplaas sodat daar uitklaring kan kom oor hoekom hy die spel gestop het. Net so roep God ook soms 'n "Time - Out" in jou lewe. Dis in hierdie tyd dat Hy wil hê dat jy tot totale stilstand moet kom en self-ondersoek moet doen om te sien of jy nog in pas is met Hom en waarheen jy op pad is.
18-03-2018
Duration: 1 hr 3 mins 4 secs
Daar moet iets in my hart gebeur voordat ek kan sien ( 2 Kor 4:3-6 ).
10-09-2017
Duration: 50 mins 4 secs
Nuuskierigheid vir die Woord vat jou altyd nader aan God en as jy naby genoeg is hoor jy God se stem en Sy hartklop en ontdek jy Sy Droom vir jou lewe, maar as jy bang is, bly jy altyd op 'n afstand en sal jy nooit by God se DROOM uitkom nie.(Exodus 3:8)
12-03-2017
Duration: 37 mins 43 secs
Om Jesus te volg is 'n belewenis, veel meer as Kerk toe gaan; Bybel lees; bid & Hemel toe gaan. Dis ook veel meer as Godsdiens, want Godsdiens is wat ek vir God moet doen, en ek sal altyd twyfel of ek genoeg gedoen het, terwyl die Evangelie is wat Jesus vir my gedoen het, en dit wek geloof in my hart op. Hierdie ontdekking het gemaak dat ek 'n kopskuif moet maak en dit beteken om my denke te vernuwe (Rom 12:1 & 2) Hierdie kopskuif het my die skat laat ontdek, ( Mat 13:44 ) en dit was maklik om alles te los waarmee ek grootgeword het (Godsdiens) en hierdie skat van die Koninkryk te koop. Hierdie ontdekking het my verder gevat na 'n BELEWENIS met God, bv om met God wakker te word in die mõre en dat Rom 14 :17 meer is as 'n teksvers. Onthou geen belewenis sonder 'n ontdekking nie!
17-04-2016
Duration: 1 hr 17 mins 44 secs
Daar's baie verskillende Godsdienste, maar net een evangelie. Godsdiens = 'n Diens wat ek vir God lewer, iets wat jy vir God doen. Evangelie = Wat God vir my/jou gedoen het. Ou testamenties het ons God gedien, Nuwe testamienties wandel ons met God, dis Sy droom vir elkeen van ons! Piet deel die sewe sleutels om God se droom te leef - 1. Versoen 2. Verlos 3. Vergewe 4. Verander 5. Vernuwe 6. Vervul 7. Verlig
Powered by: truthengaged