Boodskappe / Media

17-06-2018

Leef in oorwinning vandag

{ccconsent}{/ccconsent}
God is liefde en daarom gee Hy ons die vryheid om self te kies. Die vraag is wat maak jy met hierdie vryheid? Die oortuiging van Christus in my (lewe in oorvloed) kan net manifesteer as ek dit kies. Oorwinningslewe is binne in jou, jy het dit reeds ontvang (1 Kor 15:57) Kies dit! Vandag hou ek voor aan jou die lewe en die dood, kies dan die lewe sodat jy kan lewe! KIES DIT! Kies om te kawa – om in eenheid met God se Gees te kom. (Bluetooth moments) Kies om jou denke vol te maak met waarheid / Woord. Kies om verlief te raak op die Woord – bedink /oordink dit dag en nag. Kies om ontslae te raak, ontslae van die ou denkpatroon / verwysing – Egipte. Kies om jouself te sien saam met Christus-lyde/sterwe/opstanding. Kies om Christus in jouself te sien. Kies dat jy Sy heerlikheid / jou oorspronklike gesig in die wêreld sal wees! Die lewe in oorvloed / oorwinning is ‘n keuse. Wat maak jy daarmee?
Powered by: truthengaged